Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Verwaarlosing van riviere

Verwaarlosing van riviere
 
2009-12-17


IN die Paarl Post van 3 September het die munisipaliteit by monde van May Carolissen bekend gemaak, nadat kommer uitgespreek is oor riviererosie op Wellington: “’n Konsultant gaan aangestel word om die omvang van die probleme te ondersoek (fase een) waarna daar dan gekyk moet word wat nodig is om die riviereowers te stabiliseer asook beramings vir wat dit sal kos om uit te voer (fase 2).

“Tegelykertyd met fase 2 sal ’n omgewingsproses gevolg moet word alvorens daar met enige werk begin kan word.”

Intussen is dit interessant om te let dat, toe Drakenstein se rioolpyp en mangat bedreig word, hulle blitsvinnig goedkeuring by Waterwese kon kry vir noodherstelwerk in die Krommerivier met gebruik van meganiese skopgrawe en die lê van skans­korwe, en dit waarskynlik sonder ‘n omgewingsproses! (foto op bl 14 van Paarl Post 3 Desember).

Nou wonder mens net: regverdig dit nie ook noodoptrede wanneer etlike kubieke meter oewergrond tydens elke stormreën op verskeie plekke langs riviere in Wellington weggespoel word, grensmure aan die agterkant van die Leeuvenrivierkompleks al byna in die rivier tuimel, en ’n halfdosyn of meer huise in Serenata aangrensend aan die Kromme- en Spruitriviere bedreig word nie?

Hoe ver het Drakenstein al gevorder met die beloofde impakstudie en omgewingsproses? Is Drakenstein nie op hierdie stadium minstens ’n vorderingsverslag aan oewereienaars verskuldig nie?

Charl Tomlinson




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za