Raakvat-opleiding by Boland Kollege
2009-12-17
HET jy so pas gematrikuleer. Of het jy suksesvol graad 9, 10 of selfs 11 voltooi en is op soek na relevante praktiese opleiding wat jou gaan voorberei vir die wêreld van werk? Op 18 Januarie kan jy registreer by Boland Kollege om jou studies af te skop. Die Nasionale Sertifikaat (Beroepsgerigte) programme of NSB in kort gee graad 9-11 leerders ‘n beduidende alternatief tot ‘n akademiese kwalifikasie; deur gefokuste industrie relevante opleiding op die Nasionale Kwalifikasie Raamwerk Vlakke 2-4. As jy matriek voltooi het, oorweeg die Nasionale N-Diplomaprogramme in verskeie bestuursprogramme asook gasvryheid-, spysenierings-, sekretariële dienste en Vroeë Kindontwikkeling. Besoek www.bolandcollege.com of skakel 021-886-7111.
More
News
|