Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Agri Cape Week op horison

Agri Cape Week op horison
 
2009-12-17


AGRI Cape Week, wat vanaf 15 – 17 April 2010 by Hoër Landbouskool Boland, Agter-Paarl aangebied word, fokus spesifiek op die vrugte-, wingerd-, en groentebedrywe in die Wes-Kaap en beloof om weer ‘n uitsoek-geleentheid te wees.

Verskeie aktiwiteite word weer vir hierdie geleentheid beplan, insluitende werkwinkels en inligtingsessies vir die onderskeie bedrywe, asook kompetisies, skole betrokkenheid en vermaak. Een van die hoogtepunte op die program wat goeie waarde sal toevoeg, is ‘n Agri Toerisme werkwinkel wat tydens Agri Cape Week aangebied gaan word. Die bekende Peter Myles, ‘n toerisme-spesialis wat tans betrokke is by ‘n hele aantal gesogte projekte, sal as hoofspreker tydens die werkwinkel optree. Myles het ‘n Meestersgraad in Toerisme Ontwikkeling en Bestuur en is tans besig met sy PhD-studies aan die NMMU. Die werkwinkel sal fokus op bestuurders en eienaars van landbougerigte gasteplase, self-sorgeenhede, 4x4 roetes en staproetes in die Wes-Kaap.

‘n Olyfverwerkingsdag in samewerking met SA Olyf Industrie Assosiasie wat oop is vir die publiek word in die vooruitsig gestel.

Die konferensie vir Opkomende Landbou asook die Landbou arbeidskonferensie sal weer tydens die ekspo aangebied word.

‘n Omvattende damesprogram, wat oor al drie dae van die ekspo strek, sluit ’n vroueprogam in samewerking met Tuis tydskrif op Donderdag 15 April aan, met die tema: Tuindekor – ons kyk na binne en leef na buite. Mabel Steenkamp, eienaar van Die Gieter is onder andere een van die sprekers. Koste beloop R200,00 pp – en sluit ‘n laat-ontbyt in. ‘n Koek en tee in samewerking met Millennium Management wat gerig is op die plaaswerkervrouens word ook gehou.

Groot rugby en die jaarlikse Pampoenfees word beplan. Bishops sal kragte meet teen die Hoër Landbouskool Boland.

Die tema vir 2010 se Agri Cape Week is: “Geleenthede vanuit onsekerhede (opportunities from uncertainties)”.

Uitstallers in die vrugte-, wingerd-, en groentebedrywe moet vir Cornea Geldenhuys by 028-424- 2890 skakel of besoek www.agrimega.co.za. Elma Brand by 021-863-0397 of events@agrimeg.co.za. kan meer inligting oor die damesprogram verskaf.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za