Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wynpersoonlikhede vereer

Wynpersoonlikhede vereer
 
2009-12-17


VIER lewende legendes van die wynbedryf wat gedurende hul leeftyd wynliefhebbers se ervaring van wyn insiggewend beïnvloed het, is op 8 Desember vereer vir hul beduidenswaardige bydrae tot die groei van hierdie sleutelbedryf in Suid-Afrika.

Tydens ’n raadsvergadering van die Suid-Afrikaanse Nasionale Wynskou Vereniging (SANWSV) het Norma Ratcliffe, Gunther Brözel, Spatz Sperling en dr Julius Lazslo hul spesiaal-ontwerpte oorkondes in ontvangs geneem.

Hulle is deel van ’n groep van agt-en-twintig legendes, insluitend afgetrede wynmakers en wynboukundiges, prominente bedryfsleiers, wynskrywers, wyn­ambassadeurs en wynpersoonlikhede wat onlangs tydens die jaarlikse Veritas Toekennings gehuldig is, maar nie dié dinee in Oktober kon bywoon nie.

“Hierdie mans en vroue is ware bedryfs-ikone,” sê Duimpie Bayly, SANWSV voorsitter.

“Sommige van hulle het wêreldklas wyne geskep en ander het die bedryf met hul visie en passie gelei en gedien.”

Die SANWSV is een van die dryfkragte agter die 350 Jaar van Wynvieringe en ook organiseerders van die jaarlikse Veritas Toekennings.

’n Verdere ses bedryfsleiers, naamlik Phyllis Hands, dr Jacob Deist, John Platter, Dawid Saayman, Hennie Hëyl, en Tim Hamilton-Russell, sal hul eerbewyse tydens ‘n latere geleentheid ontvang.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za