Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vanjaar se munisipale besluite

Vanjaar se munisipale besluite
 
2009-12-17


IN die raadsale van Drakenstein Munisipaliteit is daar in 2009 somtyds asem opgehou, wenkbroue gelig, menings uitgespreek en ook heftig kapsie gemaak, maar oor die algemeen beskou, is geen besluite geneem wat die appelkar omgegooi het nie.

Sommer vroeg in die jaar was daar ’n mosie van wantroue in ampsdraers van die Drakenstein Munisipale Raad deur die opposisie, maar daarvan het niks gekom nie. Die ANC swaai nog steeds die septer.

Met ’n begroting van oor die R1,2 biljoen, wat operasioneel R940 miljoen en kapitaal van R293 miljoen insluit, vaar Drakenstein glad nie te sleg nie.

Die R250 miljoen wat belastingbetalers skuld, is wel ’n bron van kommer.

Tydens die nasionale en provinsiale verkiesing, het die resultate hiervan getoon dat daar ’n besliste ommeswaai in die politiek was, met die DA wat 48,13% van plaaslike stemme verwerf het.

Die tekort aan plek by die munisipaliteit se begraafplase neem sulke ernstige afmetings aan dat daar nou dringend na alternatiewe gesoek moet word. Vyf van die tien begraafplase is stampvol.

Die groot planne van Drakenstein Munisipaliteit om Boschenmeer se inwoners die proefkonyne te maak wanneer dit by vullisherwinning kom, is vir eers op die lange baan geskuif.

Daljosafat-stadion is opgeknap, maar atletiekorganiseerders sit steeds met die hande in die hare oor die vandalisme en diefstal. Atletiektoerusting ter waarde van byna R200 000 is vanjaar al beskadig.

Die Departement van Waterwese & Bosbou het vanjaar die Blue Drop-toekenning aan die Drakenstein Munisipaliteit toegeken vir goeie drinkwater.

The DA’s application that the municipal budget approved by the Drakenstein municipal council in May, be declared unlawful and set aside, was refused with costs by Judge Patricia Goliath in the Cape High Court. The DA decided that they would appeal.

According to the DA’s calculations, at least 60% of ratepayers had experienced increases greater than 7,5%, while 45% of properties had allegedly seen an increase of 27% in property rates, while the advertisement allegedly failed to convey a reasonably accurate summary of the proposed property rate increases.

Construction work which was due to start in June this year on the Drommedaris housing project in Mbekweni is yet to be seen. Here 1588 houses are promised, making it one of the biggest housing pro­jects in the Western Cape.

In what seems like a last ditch effort before the Fifa World Cup deadline, the Drakenstein Municipality and the Val de Vie Polo Estate combined to entice teams to set up a base camp in Drakenstein for 2010.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za