Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Polisie wil help om feestyd veiliger te maak

Polisie wil help om feestyd veiliger te maak
 
2009-12-17


VANJAAR sal beslis in die anale van tyd onthou word as ’n verwoestende jaar vir die Paarl.

Paarliete het in Maart angswekkende oomblikke beleef tydens ’n verwoestende brand wat uiteindelik bykans 4000 hektaar berggrond verwoes het.

Oor ’n tydperk van drie dae het brandbestryders asook die breë publiek gespook om die vlamme weg te hou van woonareas.

En hierdie brand is skaars geblus, toe alle hel op 17 April losgebars het toe ’n brand vanuit die kafeteria van Paarl Print in Daljosafat deur die fabriek versprei het.

Die brand het so vinnig versprei dat talle in die gebou vasgekeer is.

Altesame 13 mense het weens die brand gesterf.

Net hierna is nog ’n groot fabriek byna tot op die grond afgebrand. ’n Brand het Novo Vrugteverpakkers, ook in Daljosafat, vernietig.

Maande later het Mondi Pak, in Daljosafat, ook erg onder ’n brand deurgeloop.

Die swak toestand van die Bergrivier is landwyd uitgewys, nadat ’n inwoner van die Paarl ’n video-opname gemaak het van besoedeling in en om die rivier.

Dit is landwyd gebeeldsend en het die Paarl in ’n swak lig geplaas.

Oudergewoonte is die gebied geteister deur slagting op paaie.

Die jaar het afgeskop met ’n ongeluk tussen twee motors net buitekant Wellington op die Hermon-pad, wat 12 lewens geëis het.

Dit was ook beslis die jaar van gewapende rowe in hierdie gebied waar dit gewoonweg ongekend is.

Meer as R3 miljoen is gesteel tydens ’n transito roof by Dalvale Diensstasie.

En toe trek die diewe Paarl toe, waar drie hoë profiel gewapende rowe plaasgevind het by die wonings van bekende inwoners aan die hange van Paarlberg.

Bekende sakeman en eienaar van die spog wynlandgoed, Vrede en Lust, Dana Buys, en sy familie is ook in hul huis deur gewapende mans aangeval.

Verskeie ander plaasaanvalle het ook plaasgevind in Franschhoek en Simondium.

Talle jongmense het vanjaar hul eie lewens geneem, en gemeenskapsleiers het hul kommer uitgespreek oor dié tendens.

Die gemeenskap was erg geskok toe bekende Paarliet, Andries Krogmann ook sy eie lewe geneem het, glo weens finansiële druk.

Deur die jaar het talle brande in veral Mbekweni plaasgevind wat keer op keer honderde mense dakloos gelaat het.

Dit het weer eens die aandag gevestig op die erge behuisingstekort in dié gebied.

Die gebied is ook erg getref deur die huidige ekonomiese insinking, met talle werksgeleenthede wat verlore gegaan het.

In die geheel was daar nie veel om vanjaar oor te glimlag nie, maar volgende jaar kan dit net beter gaan.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za