Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


18 beseer toe taxi omslaan

18 beseer toe taxi omslaan
 
2009-12-17

Lise Beyers

AGTIEN pendelaars het Maandagoggend ’n noue ontkoming gehad toe die minibus-taxi waarin hulle passasiers was, in ’n wal ingeploeg het, en toe omgeslaan het.

Die voorval het omstreeks 07:00 plaasgevind op die draai van Van der Stelweg en Abattoirstraat in Paarl-Oos.

Die taxibestuurder het glo die draai teen ’n geweldige spoed geneem en beheer oor die voertuig verloor. Hierna het die taxi op sy sy te lande gekom, en verskeie beseerde pendelaars was vasgekeer.

Mede-pendelaars, wat nie erg beseer was nie, het gehelp om die taxi weer op sy wiele te kry, om sodoende die vasgekeerdes te bevry.

Altesame 18 passasiers is vir verskeie ligte beserings behandel.

Volgens ’n polisiebeampte op die toneel, is die taxi, wat in hierdie gebied geregistreer is, se jaarlikse padvaardigheidsertifikaat vroeër vanjaar in Mthatha in die Oos-Kaap uitgereik.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za