Rozanne skitter in Judo
2009-12-17
ROZANNE ADRIAANSE (10) van Amstelhof Primêr, is eerste gekeur in Judo Suid-Afrika se ranglys nadat sy goud gewen het by die SA Judokampioenskappe. Sy het ook vanjaar geseëvier in al die Boland-toernooie. Tydens Boland Judo se jaarlikse prysuitdeling, is sy aangewys as beste meisie van die jaar (groep 1 en 2). Sy is ook aangewys as Drakenstein Judo se sportvrou van die jaar.
More
News
|