Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hanré hou Hugenote-naam hoog

Hanré hou Hugenote-naam hoog
 
2009-12-17


HUGENOTE HOËRSKOOL se veelsydigste sportvrou van die jaar vir 2009, Hanré van der Vyver, het vanjaar geskitter in altesaam agt verskillende sportnommers vir haar skool.

Van dié agt sportnommers, het Hanré pronvinsiale kleure vir vier daarvan verwerf, asook SA kleure vir een.

In Biathle het Hanré Suid-Afrika verteenwoordig tydens die Wêreldkampioenskappe in Monaco, waar sy ’n 14de plek behaal het.

Hanré het ’n 4de plek behaal tydens die SA-kampioenskappe.

In Pentathlon/Vyfkamp het sy goud verower tydens die SA Kampioenskappe en in swem was sy opgeneem in die Wes-Kaap swemspan om deel te neem aan die SA-kampioenskappe vir hoërskole in Durban.

In Tweekamp het sy Boland verteenwoordig by die SA-kampioenskappe in ’n hoër ouderdomsgroep en sy het 3de plek behaal by die Boland-kampioenskappe.

Hanré het tot by Boland Sentraal gevorder in atletiek en het eerste plekke behaal in die 400m en 800m tydens die interhuis byeenkoms.

Sy het haar skool ook in landloop verteenwoordig tydens verskeie byeenkomste, maar kon nie aan Boland-proewe deelneem nie weens te min tyd.

Verder het sy middelsenter gespeel vir Hoërskool Hugenote se o.14A-netbalspan (dié span het vanjaar nie ’n enkele wedstryd verloor nie), asook vir haar skool se o.14A hokkiespan.




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za