Wen mooimaaksessie
2005-09-08
DIE Stokkiesdraai Kunstefees in samewerking met Dit/Woman’s Value bied op 29 Oktober ‘n damesoggend aan ten bate van die Kankervereniging by Provence, Wellington. Die Vroue-oggend beloof om een van die hoogtepunte te wees. Gretha van Niekerk, mode- en skoonheidsredakteur van Dit/Woman’s Value gaan gesels oor die jongste modes. Platinum Hair & Beauty se kundige span sal vroue meer vertel oor die keuse van ‘n haarstyl, terwyl Professional Make-up die kuns van grimering sal bespreek. Daar sal gekyk word na die keuse van die kleur van grimering asook haarkleur om by spesifieke veltipes en gesigvorms te pas. Een gelukkige dame kan die mooimaaksessie wen wat aangebied sal word deur Platinum Hair & Beauty en Professional Make-up. Om te kwalifiseer vir die prys moet jy voor 7 Oktober jou kaartjie by die Write Shoppe of CANSA kantoor op Wellington gaan koop. Kaartjies kos R130. Die gelukkige wenner sal telefonies in kennis gestel word teen 18 Oktober. Vir meer inligting hieroor kontak gerus vir Elsa Dauth by 082-473-4547.
More
News
|