Parlementêre span wen trofee
2009-12-17
PLAASLIKE lede van die Suid-Afrikaanse parlementêre rugbyspan, Eugene Stevens, (kaptein), Andrew Hendricks (hulp- sekretaris), Peter Wellman en Arthur Solomons, het teruggekeer vanaf Europa met die beker wat hulle verower het. Die Suid-Afrikaanse span het 17-10 afgereken met die Engelse parlementêre span, Houses of Commons and Lords, op 22 November in Londen. Die wedstryd was gespeel op die Metropolitaanse Polisie se veld in Worseley. Op 28 November het hulle verloor teen die Ierse Parlement met 10-7. Die Suid-Afrikaanse span het tydens dié toer ook die geleentheid gehad om die wedstryd tussen Ierland en Suid-Afrika, op Croke Park, by te woon en het tydens ’n funksie van die Engelse Rugby-voetbalunie verskeie spelers van Engeland en Nieu-Seeland ontmoet. Die span is reeds besig met voorbereiding vir die Drie Nasies-kompetisie in 2010, tussen die parlementêre spanne van Nieu-Seeland, Australië en Suid-Afrika.
More
News
|