Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Peoples se Tiere baas in derby

Peoples se Tiere baas in derby
 
2009-12-17


DIE eerste krieketspan van Young Peoples het Saterdag hul goeie vorm voortgesit toe hulle hul derby-wedstryd teen Paarl Krieketklub op die Daljosafat-sportgronde met 43 lopies gewen het.

Die wedstryd was voor ’n groot skare gespeel en het by tye opwindende krieket opgelewer.

Peoples het eerste gekolf en kon slegs 128 lopies bymekaarskraap, danksy fantasties boul- en veldwerk deur Paarl.

Die besoekers se boul-aanval was gelei deur die blits Hilroy Paulse (3/9 in 9bb). Hy was goed bygestaan deur Godfrey Stevens (3/18 in 9bb) en Lynal Jansen (2/20 in 7bb).

Vir Peoples was dit weer eens net Dominic Daniels (49*) wat die Tiere se kolf-aanslag gelei het.

Ná die middagete-pouse was Paarl vol selfvertroue om die teiken maklik te behaal. Die Tiere se boulers en veldwerkers het egter ander planne gehad.

Van die begin af het Peoples die druk toegepas en Paarl het gesteier op 21/4 ná 10 boulbeurte.

Die openingsbouler Charlton Daniels (2/23 in 7bb) en die verrassings-element om met ’n draaibal-bouler te open in die vorm van Jarier Alexander (2/9 in 9bb), het die skade vroeg aangerig.

Die Tiere het met skitterende veldwerk die druk op Paarl se kolwers gehou en hulle het begin glo dat hulle die wedstryd kan wen.

Die paaltjies het met reëlmaat gekantel, en dit was grootliks te danke aan die draaier Hubert Ontong (4/19 in 9bb). Ontong en die kaptein Brendon Adams (2/1 in 2bb) het gehelp om die wedstryd te beklink in die 42ste boulbeurt.

Paarl was uiteindelik uitgeboul vir ’n skamele 85 lopies.

Vir Paarl het net Le-Roy Walters (42) uitstekende veggees getoon.

* Sondag bied Young Peoples ’n ses-aan-’n-kant toernooi en familie-dag karnaval aan op die Dal as deel van die klub se 60ste bestaansjaar.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za