Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Boland Kavaliers – ’n nuwe begin in 2010

Boland Kavaliers – ’n nuwe begin in 2010
 
2009-12-17


TERWYL die Bolandse Kavaliers se 2009 seisoen vanuit ’n rugbyperspektief rampspoedig geëindig het, is die vooruitsigte vir 2010 alles behalwe donker.

Met die nuwe gees wat posgevat het danksy die aanstelling van ’n nuwe tegniese span onder leiding van Loffie Eloff, die voormalige afrigter van die Leeus, behoort dinge in 2010 beter te gaan.

Voorts het die vertrek van ou staatmakers die deure vir ’n opwindende klomp jong spelers oopgegooi.

Sedert 28 November is ’n opwindende groep van 40 uitgesoekte spelers onder die hittige Wellingtonse son besig om te slyp vir ’n aanslag op die Eerste Liga, om ten einde in Oktober 2010 weer om Curriebeker Premier Liga status mee te ding.

Onder die nuwe gesigte by die huidige oefening is spelers soos Nikolai Blignaut (oud-Haai), Sphephelelo Mayaba (Sale Sharks, Engeland), Hyron Thyse (Pumas), tesame met ou staatmakers soos Janro van Niekerk, Angelo Brinkhuys, Cornal Hendricks, David Hendricks en voormalige WP spelers soos Danré Gerber en PJ Vermeulen.

Daar is ook ’n opwindende groep aspirerende Kavaliers wat vanuit die amateur geledere en ouderdomsgroepe probeer om hulle kleim af te steek.

Die nuwe tegniese span is ook versterk deur Nico le Roux - ’n man wat oor die laaste sewe jaar intieme kennis van veral Nieu Seelandse Rugby opgedoen het - en ’n veteraan van kondisionering en beseringsrehabilitasie, dr Gerhard (Jorrie) Jordaan.

Boland het ook besluit om die meerderheid van sy wedstryde in die Vodacombeker-kompetisie in plaaslike gemeenskappe te laat speel.

Hiermee word gehoop om die Kavaliers se ondersteunersbasis te vergroot en om die klubs van die unie ook ’n geleentheid te gee om op ’n deurlopende basis provinsiale wedstryde aan te bied.

Die eerste wedstryd van die seisoen vind op 6 Februarie plaas, wanneer die Kavaliers kragte meet teen die Stormers op die nuwe Groenpunt Stadion in Kaapstad.

Daarna volg die tuisveld derby teen Westelike Provinsie op 27 Februarie.

) Volgens bronne het die Boland-unie Dinsdag bevestig dat die oud-Springbok, Bolla Conradie, aanstaande seisoen vir die Kavaliers sal uitdraf.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za