SONDAG 13 Desember het Adagio & Friends die gemeenskap van Wellington met sang- en danstalent betower.
Dit was ’n besondere aand van musikale tentoonstelling soos wat lanklaas in Wellington beleef was.
Diegene wat deelgeneem het, het weer eens beklemtoon dat daar soveel potensiaal is dat jy as toeskouer koue rillings kry.
Dankie ook aan die gemeenskap wat in groot getalle opgedaag het - ek is seker dat dit vir die deelnemers ’n riem onder die hart was.
Wellington Trots