Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hondjie geskiet

Hondjie geskiet
 
2010-01-14


AAN die persoon wat op 8 Januarie tussen 24:00 en 02:30 地 hondjie te Pleinstraat 94, Paarl, in haar eie erf geskiet het: ek hoop van harte jy slaap nie weer een nag rustig nie. Ek kan glad nie indink dat enige persoon so wreed kan wees om 地 dier te skiet nie.

Vlooi was die vriendelikste hondjie wat gered is uit 地 vulliswa en wat net 地 vreugde in my skoondogter se lewe was. Haar eienaars was uit vir die aand en waarvoor ons hoop, is dat sy nie gely het nie.

Meneer of mevrou die hondemoordenaar, weet jy hoe het my skoondogter gevoel toe sy van haar verjaarsdagpartytjie by die huis kom en haar geliefde hondjie dood kry.

As jy 地 probleem gehad het dat sy miskien getjank het as haar mense nie by die huis was nie, hoekom nie met haar eienaars gaan praat nie? Hoekom so wreed wees en haar skiet?

As u 地 probleem het met iemand se kinders, gaan u hulle dan ook net skiet?

Aan al die inwoners van Plein- en Rhonestraat in die Paarl, wees gewaarsku - daar is 地 moordenaar in julle omgewing. Hou asseblief maar julle kinders in die huis.

Elmarie Erasmus




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za