ADMINISTRATIEWE personeel kry op 3 Februarie die geleentheid om hulle vaardighede met die hou van notules op ’n interaktiewe, praktiese wyse op te knap by die Universiteit Stellenbosch Taalsentrum se voldag-werkswinkel oor effektiewe notules vir geslaagde vergaderings.
Die kostes is R1 155 per persoon vir die voldag-sessie en sluit werkswinkelmateriaal en middagete in. Kontak Audrey Poole by 021-808-2167 teen 25 Januarie.