OP 4 Januarie, laatmiddag, is my kokketiel met hok en al van die agterstoep af gesteel in Dorpstraat, Sentraal-Paarl.
Die grys mannetjie-kokketiel met ’n geel kuifie was in ’n wit hok met ’n groen bak, drie spieëls en twee leertjies.
Die bure agter ons woning het opgemerk hoe die jong verdagte oor die muur klim met ’n swart sak. Sy het ons onmiddellik geskakel om ons te waarsku, maar toe ons buite kom was hy reeds weg.
Ons het onmiddellik gemerk dat ons kokketiel weg is en vermoed dat hy die voël in die swart sak gesit het.
Ek het na die taxi-staanplekke gery waar iemand met ’n hok opgemerk is - ons vermoed dat die verdagte, wat ’n wit hemp gedra het, in ’n taxi geklim het.
’n Goeie beloning word aangebied vir enigiemand met inligting wat kan lei tot die opsporing van Kuifie.
Hy kan al woordjies praat soos “Hello, Hello Ma, Hello Ma se babatjie!”.
Skakel my by 082-936-9776.
Linette