Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kom kyk sterre by die Taalmonument

Kom kyk sterre by die Taalmonument
 
2010-01-14


ORION die jagter en die jagtoneel is die tema van die volgende sterrekykaand by die Taalmonument op Saterdag 16 Januarie.

Gaste sal van 20:00 tot 23:00 deur teleskope na bekende konstellasies en planete kan kyk onder leiding van lede van OOG (die Orion Observasie Groep), ’n informele sterrekunde-klub van die Boland.

Die aand skop af met ’n piekniek vanaf 18:00. Besoekers kan hulle eie piekniekmandjies saambring of vanaf Volksmond Koffiewinkel se piekniekspyskaart bestel (021-863-2800).

Toegang is R20 vir volwassenes en R10 vir kinders. Bespreek by 021-872-3441 of 082-729-2716 (ook vir weernavrae).

Geen sterrekykaand sal plaasvind indien die weer sleg is nie.

Gaste word aangemoedig om verkykers saam te bring. Geen honde of vure word toegelaat nie. Daar sal veilige parkering en toegangsbeheer by die hek wees.

Vir meer inligting oor geleenthede by die Taalmuseum of Taalmonument, besoek www.taalmonument.co.za of skakel 021-8720-3441.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za