MATRIEKUITSLAE of -terugslae? Dis seker die vraag wat op ons almal se tonge is op die oomblik, want dis iets wat ons direk en indirek raak, veral die mense in die Paarlvallei.
Die uitslae het weer eens vir ons die bewys gegee dat ons in twee wêrelde leef, naamlik die “Haves” en die “Have nots”.
Die uitslae het dit duidelik beklemtoon dat die apartheid verlede nog steeds by ons spook en dat baie skole disfunksioneel is.
Die agterstande in die gemeenskap word duidelik in ons skole weerspieël.
Miskien moet die volgende vrae aan die departement gevra word:
1. Wie het die opvoeders opgelei vir Uitkomsgebaseerde Onderwys (UGO)?
2. Was alle skole toegerus vir UGO?
3. Van die 1,4 miljoen leerders wat begin in graad een was slegs 24% suksesvol in matriek. Het die departement rekords van skoolverlaters (waar is dié benadeelde kinders)?
4. Wat is die suksesse van die departement se intervensies, want swak presterende skole (onder 60% slaagsyfer) het vermeerder van 57 na 75 in 2009 (en sal vemeerder in 2010).
7. Kom ons vat die voorheen bevoordeelde (lees blanke skole) se matriek-slaagsyfer weg en die voorheen benadeelde skole (swart, bruin) sal sukkel om 50% te haal
So who’s fooling who with the results?
Ons sit op ’n tydbom. Ons moet besef tensy die transformasie van agtergeblewe gemeenskappe nie aangespreek word nie, sal ons jaar na jaar met die ongelykhede sit.
Dis nie die matriek slaag wat tel nie, maar die GEHALTE van die slaag.
Big Brother