Stephan hou Hugenote se naam hoog
2010-01-14
Devidean Moses
“KENNIS is krag - ek is ongelooflik bly, verlig en dankbaar.”
Dit was die woorde van die oorstelpte Stephan Spies (18), oud-hoofseun van Hugenote Hoërskool, wat onlangs as die agtste beste matriekstudent in die Wes-Kaap aangewys was. Hierdie slimkop het ’n slaagsyfer van 92% behaal met onderskeidings in al nege sy vakke. Sy vakke sluit in Duits Tweede Taal (93%), Wiskunde (98%), Besigheidstudies (93%), Fisiese Wetenskappe (85%), Rekeningkunde (96%) en Wiskunde 3 (90%). Stephan is die jongste van drie kinders van ds Hendrik Spies (besturende direkteur van Lux Verbi) en sy vrou Antoinette (eiendomsontwikkelaar). “Albei my susters was vir my ’n inspirasie, omdat hulle altyd goed presteer het. Nadine, my tweede oudste suster, was in 2006 vierde in die Wes-Kaap. “Daar is maar ’n werk-kultuur in ons huis. My pa sę altyd ‘The only impossible is success without hard work’. Stephan meen sy laerskoolopvoeders het vir hom ’n goeie grondslag gegee, maar dat hy nie sonder die hulp van Hugenote Hoërskool se onderwysers so goed sou gevaar het nie. “Die uitslae was eintlik ’n kompliment aan al my onderwysers.” Hoewel hy verlede jaar baie besig wees, het hy nogtans aan aktiwiteite soos hokkie, atletiek, gholf en leiervergaderings deelgeneem. Hy is ook lief vir draf en die buitelug asook vir sy klassieke kitaar. Skoolhoof Wessel Moolman het gesę dat Stephan ’n gebalanseerde persoon is met integriteit en sterk leierseienskappe wat nog groot hoogtes gaan bereik. Hy gaan vanjaar soos sy susters voor hom B.Com. Rekeningkunde aan die Universiteit van Stellenbosch studeer. Hy wil graag ’n ouditeur word en ook ’n verskil in die gemeenskap maak deur ander te help. Hy meen matrikulante moet genoeg tyd met hul studiewerk deurbring en negatiewe gedagtes met die positiewe denke vervang. “Vind ’n manier om jou studies opwindend te maak en van toepassing op jouself en die węreld daar buite,” sę hy. Hugenote se top-matrikulante is vandeesweek tydens ’n funksie by die skool vereer (sien bl 11.).
More
News
|