VinPro se inligtingsdag
2010-01-14
DIE VinPro inligtingsdag, met verskeie bedryfspesialiste wat spreekbeurte gaan kry, word op 21 Januarie aangebied by die Lord Charles Hotel in Somerset-Wes, vanaf 08:30 tot 15:30. Sprekers soos Gerrit van Rensburg, Wes-Kaapse minister van Landbou, Nicky Weimar van Nedbank (ekonomiese vooruitsigte vir 2010) en Craig Stewart van KWV (die risiko’s en voordele van ontwikkelende markte) sal eerste aan die beurt wees. Daarna sal Elias Holtzkampf van Distell ’n oorsig oor die SA wynmark gee en Roelof Botha, ekonomiese raadgewer van PricewaterhouseCoopers, gesels oor die politieke en ekonomiese uitdagings vir SA landbou. In die middagsessie praat Gert van Wyk van VinPro oor die finansiële posisie van SA wyndruifprodusente. Christo Spies, WineMS, gesels oor die gebruik van verpoelde intelligensie om blokwinsgewendheid te verhoog en Heinrich Schloms van VinPro oor die toepassing van GIS-tegnologie om blokwinsgewendheid te verhoog. Francois Viljoen van VinPro sluit af met die seisoensoorsig en oesverwagtinge vir 2010. Die volledige program en registrasievorm is beskikbaar by www.vinpro.co.za.
More
News
|