Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Windmeul wys sy beste produsent aan

Windmeul wys sy beste produsent aan
 
2010-01-14


DIE Diemerskraal Boerdery naby Wellington het vanjaar weggestap met die trofee as Windmeul Kelder se Produsent van die Jaar.

Dié jaarlikse kompetisie is nege jaar gelede ingestel, omdat daar gevoel was dat meer erkenning gegee moes word aan dié produserende lede wat met ’n positiewe houding ekstra toewyding insit om topgehalte druiwe te lewer.

Die kriteria waarna gekyk word in die kompetisie sluit in kultivarsamestelling op die plaas, die kwaliteit van die druiwe, betrokkenheid by kelderaktiwiteite, IPW en die algemene indruk van die boerdery-praktyke.

Dit was vir die Morkels van Diemerskraal Boerdery, wie se familie-geskiedenis met druiwe oor langer as 320 jaar strek, ’n groot pluimpie toe hulle aangewys is as vanjaar se wenners.

Pa Daan en sy seun, Philip, skryf hul sukses daaraan toe dat hulle baie oplees oor verwikkelinge in die wingerdbedryf en dat hulle die aanbevelings van Windmeul Kelder se voltydse wingerdboukundige ter harte neem.

Dit is vir hulle baie belangrik om deurlopend druiwe van goeie gehalte te lewer, omdat hulle maar net te goed verstaan dat die wynmakers nie goeie wyn van swak druiwe kan maak nie.

“Ons span werkers op die plaas speel ook ’n baie belangrike rol,” sê Daan Morkel.

“Hulle kom al ’n lang pad saam en is lojaal teenoor die plaas, en verstaan die wingerde baie goed. En dit help natuurlik baie as ’n mens hou waarvan jy doen.”




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za