Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bespreek nou vir Liggiesfees

Bespreek nou vir Liggiesfees
 
2005-09-08


DIE reëlings vir die jaarlikse Liggiesfees wat van 1 tot 4 Desember in die Paarl aangebied word, is reeds in volle gang.

Stalletjiebesprekings het op 1 September geopen, en is tot 15 September oop slegs vir mense uit die Drakenstein munisipale gebied, daarna is enigeen welkom om te bespreek.

Besprekings kan gedoen word by Paarl Inligtingskantoor op die hoek van Hoof- en Auretstraat (tel 872-3829).

Die pryse is R280 (nie-voedsel), R200 (kuns en handwerk), R430 (voedsel), R330 (klaargemaakte voedsel, R500 (woonwaens en groter stalletjies).

Plaaslike sangers en dansers word genooi om die organiseerders te kontak indien hulle belang stel om by die Fees op te tree.

Kontak Michelle Pietersen by 073-487-1152 of Paarl Inligting (872-3829) tussen 12 September en 12 Oktober.

Oudisies word beoog op Saterdag 22 Oktober by Frank Pietersen Musieksentrum, maar sal met kunstenaars bevestig word.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za