Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Drakenstein Edu trap opponente

Drakenstein Edu trap opponente
 
2010-01-14


IN ’n tuiswedstryd het die eerste krieketspan van Drakenstein Edu Saterdag gebruik gemaak van die Pen Basson-velde op Wellington, om die tweede span van Coronations te huisves.

Drakenstein het hulself goed van hul taak gekwyt om met 4 paaltjies te seëvier.

Met Coronations in die kolfkamp was Drakenstein se Wayne Jacobs (2/15) die voorste bouler. Die tuisspan het hul besoekers vir 213 uitgehaal in die 32ste boulbeurt.

Tydens Drakenstein se beurt was Dan Schoor (51), Juliano Filander (45*) en Gershwin Philander (30) die beste kolwers.

Drakenstein se tweedes het die naweek Kanonkop se eerstes met 190 lopies verslaan.

Cornel Carelse (65), Bevan de Villiers (85) en Rowan Robertson (65) was Drakenstein (288/7) se lopievrate.

Kanonkop is op hul beurt in die 20ste boulbeurt uitgehaal vir slegs 98 lopies.

Eerskomende Saterdag speel Drakenstein I weg teen Franschhoek I.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za