Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bergrivier skop af op wennoot

Bergrivier skop af op wennoot
 
2010-01-14


DIE eerste krieketspan van Bergrivier Krieketklub het Saterdag die nuwe jaar op ’n hoë noot begin deur Spes Bona met 127 lopies af te ransel.

Spes Bona het die loot gewen en die tuisspan ingestuur om te kolf.

Bergrivier het hul eerste paaltjie reeds in die eerste boulbeurt verloor, maar daarna die krane behoorlik oopgedraai.

Randall April (96; 1x6 en 9x4), tesame met Darren Isaacs (70; 11x4), Ryan Mouton (58*; 3x6 en 7x4), Charlton Manual (50; 7x4), Johnwyn Pietersen (27*; 2x4) en Marquin Julies (21; 1x6 en 1x4) het die pap behoorlik dik aangemaak. met Bergrivier wat uiteindelik 336/5 lopies gemoker het.

Spes Bona het 209/7 in hul toegelate 45 beurte behaal, met Wade Davidse (58*; 9x4) hul beste kolwer.

Bergrivier se beste boulers was Elrico van Wyk (2/31) en Ryan Mouton (2/34).

Eerskomende Saterdag speel Bergrivier I weg teen Coronations en die tweede span speel tuis teen Coronations.

Die klub hou op 30 Januarie ’n biertuin en karaoke-aand. Toegang is R10.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za