Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Misdaad gepak tydens die feesseisoen

Misdaad gepak tydens die feesseisoen
 
2010-01-14

Lise Beyers

HOË sigbare polisiëring het vrugte afgewerp die afgelope feesseisoen, deurdat daar ’n duidelike daling in ernstige misdade was.

Die grootste kopseer vir die polisie was wel die aantal huisbrake. Private wonings word veral hierdie tyd van die jaar geteiken weens die hoë getal mense wat weg gaan vir die vakansie.

Maar die nuus was meer goed as sleg. Die sigbaarheid van die polisie, asook verskeie misdaadbekampingsoperasies wat uitgevoer is, het goeie resultate gelewer.

In Paarl-Oos is meer as 4000 liter onwettige drank vanuit sjebeens verwyder, en baie van hierdie sjebeens se deure is terselfdertyd gesluit.

In die feestydperk is 91 mense ook in hegtenis geneem vir verskillende misdrywe.

Op Wellington is verskeie diewe op heterdaad betrap terwyl hulle wonings beroof, of wanneer hulle in die straat stap met hul buit. By party arrestasies was die huiseienaars nog nie eens daarvan bewus dat daar by hul huise ingebreek is nie.

En vier voertuie wat in hierdie tydperk gesteel is, is deur die polisie teruggevind.

Die net het ook nouer getrek om ’n bekende dwelmsmous in Wellington, nadat een van sy handlangers in hegtenis geneem is vir die besit van dwelms.

Die Wellingtonse eenheid vir misdaadintelligensie het inligting opgevolg wat vir hulle gelei het na Ranonkelstraat, waar Tik ter waarde van R20 000 gevind is. Lezaan Abrahams is in hegtenis geneem.

’n Groot bekommernis bly steeds die probleem van huishoudelike aanrandings. Hierdie geweld is geneig om tydens die feesseisoen te styg wanneer drank volop is, dikwels weens ’n ekstra paar rand in die sak.

Die Paarl polisie bedank die gemeenskap vir hul bydraes wat gelei het tot ’n byna misdaadlose Kersgety.

Woordvoerder kapt Louise du Plessis het gesê dat talle lede van die publiek hul beroep beantwoord het en die stasie laat weet het as hulle nie tuis is nie.

“Sodoende is ekstra patrollies bewerkstellig wat oënskynlik bygedra het tot die bekamping van misdaad.”

Die polisie in Mbekweni is ook heel tevrede met hul misdaadstatistieke vir die seisoen en die speur-bevelvoerder, kapt Selma Bredenhann, het gesê dat veral die onwettige koop van drank is aangespreek, wat ’n direkte uitwerking op misdaad het.

* Crime was steady over the festive season, largely due to high police visibility.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za