Oop gesprekke in Paarl
2005-09-08
DIE jaarlikse ledevergadering van die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) word die naweek van 16 September in die Paarl gehou en val saam met die onthulling van die Anglo-Boereoorlog Monument op Laborie-plaas die Saterdag.
‘n Reeks oop gesprekke word aangebied na die jaarvergadering Donderdagoggend.
Vrydag 16 September van 13:45 is daar ‘n paneelbespreking in die Paarl Gimnasium Ouditorium, oor Afrikaanse Onderwys: ‘n Toekomsperspektief.
Die lede van die paneel is dr Neville Alexander (voorsitter van Praesa), Steve Roux (voorsitter van die SA Onderwysersunie), Erhard Wolfe van Laerskool Mikro en Alet van Huyssteen van die Wes-Kaapse Taalraad asook Ria Olivier. Toegang is gratis.
Die aand is daar ‘n prestige-funksie waar toekennings gemaak word vir bydraes tot die Afrikaanse kultuurgemeenskap, onder andere aan prof Herman Giliomee (spreker) en prof Johan Degenaar.
Saterdag 17 September ook by die Paarl Gimnasium Ouditorium van 08:00 tot 11:00 is daar ‘n paneelbespreking oor die Afrikaners en die “Nasionale Vraagstuk”. Toegang is gratis.
Navrae by Bets Koen, tel (012) 326-8646.
More
News
|