Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gewapende roof op Wellington

Gewapende roof op Wellington
 
2010-01-14

Lise Beyers

OP ’n besige Saterdagoggend kort voor Kersfees, het gewapende diewe toegeslaan op ’n winkel op Wellington.

Op 12 Desember het drie mans kort voor toemaaktyd ingestap by Ackermans in Kerkstraat.

Hulle het hulle voorgedoen as klante, maar toe die deur om 13:00 toegemaak is om te keer dat nog mense die winkel binnegaan, het een man na die bestuurder se kantoor gestap en hom met ’n vuurwapen gedreig.

Hierna is die ander werknemers beveel om na die kantoor te gaan en die rowers het al die geld uit die kasregisters gehaal. Verskeie selfone is ook gesteel voordat hulle gevlug het.

Volgens die beskrywing van die rowers en die manier waarop die roof uitgevoer is, stem dit ooreen met verskeie ander rooftogte in buurdorpe.

Enigiemand wat die polisie kan help met hul ondersoek, of die mans op die gesigsamestellings hieronder herken, kan vir insp Hein van der Spuy skakel by 021-864-9600.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za