Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Baanbyeenkoms lok steeds duisende

Baanbyeenkoms lok steeds duisende
 
2010-01-14


DIE 2009 Paarl Boxing Day Fietsry-byeenkoms kan in een woord beskryf word: Opwindend!

’n Rekordgetal deelnemers het opgedaag vir vanjaar se skouspel en fietsry van uitstekende gehalte is ten toon gestel.

Fietsryers van regoor Suid-Afrika het deelgeneem, met die gevolg dat die gehalte fietsry in alle kategorieë nuwe hoogtes bereik het.

Dit was veral verblydend om te sien dat daar in die skole-kategorie so baie deelnemers was.

Die o.14-afdeling is oorheers deur Jean Claude Jantjies, ’n plaaslike ryer. Hy het al drie wedrenne in dié kategorie gewen.

Die o.16-afdeling het ook goeie fietsry opgedis, met Nathan Cornelissen van Rhadsport en Bradwin Daniels van Peco fietsryklub, wat stof in die oë van ander deelnemers getrap het. Emile Jacobs het ook goed vertoon.

In die junior-afdeling het Brendon Christians (Rhadsport) en Wayne Botha (Bellville) vir opwinding gesorg.

Beide Botha en Christiaans het ook puik vertoon in die hoofwedren, die 25 myl.

Een van die groot gunstelinge van die dag was Deon Edwards van Kwazulu-Natal. Hy het geseëvier in die 10km puntewedren, met James Perry van Gauteng tweede en Botha derde.

Edwards het egter hard geval tydens die uitvalwedren en sodoende sy skouer ontwrig.

Die twee groot wedrenne, die 1 myl en die 25 myl, het die 3500 toeskouers behoorlik op hul voete gehad.

In die 1 myl is James Louter van Gauteng as die wenner aangewys, met die Paarlse spoedvraat Rèniell Matthyssen tweede en Gauteng se Michael Thompson derde.

Die 25 myl het vanaf die begin vuurwerke opgelewer en dit was duidelik dat ’n baie goeie tyd behaal sou word.

Ná verskeie aanvalle het James Perry en Brendon Christiaans ’n gaping in die bondel oopgery, en met slegs 8 uit die 87 rondes oor, het Perry vir Christiaans agtergelaat om uiteindelik te seëvier met ’n goeie tyd van 56 minute en 40 sekondes - die vinnigste tyd in sewe jaar.

Die Bellvillese jaer Evan Carstens het die bondelnaelrit gewen om tweede te eindig, met James Louter van Gauteng derde. Michael Thompson (Gauteng) was vierde en Wayne Botha was vyfde.

Dit is verblydend om te weet dat die Boxing Day Sportdag ná 112 jaar steeds sorg vir groot opwinding onder fietsry-ondersteuners.

Die Paarl Amateur Fietsryklub bedank alle fietsryers en ondersteuners wat dié byeenkoms steeds ’n sukses maak.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za