Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Veediewe vas

Veediewe vas
 
2010-01-14

Lise Beyers

VEEDIEWE wat die afgelope ruk in die Klapmuts-gebied baljaar, het agter slot en grendel beland weens die vinnige optrede van lede van die Klapmuts polisie.

Kort voor Kersfees is lede van die polisie hiér deur die eienaar van Eensaamheid-plaas in kennis gestel dat hy ongemagtigde persone gewaar het in sy landerye.

Die polisie is na die gebied en het die spoor van twee voertuie gevolg tot by die pad na Durbanville. Om 05:00 die oggend het hulle daarin geslaag om twee bakkies aan te keer, wat tot oorlopens toe gelaai was met skape.

Drie hiervan was egter reeds dood, vermoedelik weens uitputting en angs, maar ’n verdere 20 was nog springlewendig, en waarskynlik op pad na die onwettige vleismark in Langa.

Agt mans, almal van Langa, is in hegtenis geneem.

Verlede week is daar weer ’n klag ontvang vanaf ’n plaas naby Elsenburg dat daar hiér twee skape gesteel is.

Die Klapmuts polisie was vinnig op hierdie veediewe se spoor, nadat hulle inligting ontvang het dat twee skape in die Mandela-plakkerskamp in Klapmuts geslag word.

Toe hulle op die toneel kom, was een van die skape reeds keelaf, terwyl die mes teen die ander skaap se keel was.

Vyf mans is hiér in hegtenis geneem.

* En op Wellington het veediewe verlede Woensdagaand ’n vark geslag op die plaas Vryguns van Pieter Cillié, in die Bo-Vlei.

Die karkas is waarskynlik op die toneel opgesny en deur meer as een persoon weggedra.

Lede van die polisie, die veediefstal-eenheid, die plaaswag en naburige boere het help spoorsny en soek na die skuldiges, maar niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.

Enigiemand met inligting in verband met veediefstal kan vir insp Basil Adams van die veediefstaleenheid skakel by 083-466-7819.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za