¡
* Bring die ou onderwysstelsel terug wat ons gehad het, hou op om VSA na te boots.
¡ * In spotprent oor die probleme in die onderwys het julle vergeet om te noem: Parent Involvement en Learners’ Attitude.
¡
* Spotprent oor onderwys laat ’n wrang smaak.
¡
* Nie almal wat goed doen in wiskunde kan nat-skei doen nie. Bring terug die ou stelsel - of meer opsies.
¡
* As die skole wat top is met uitslae, ook nie-skoolfondsskole word, sal uitslae ook verander!
¡
* Met leerders van Noorder-Paarl Sekondêr wat bedags in strate ronddwaal, is swak slaagsyfer logies.
¡ KN julle jaag talent weg met kritiek,
¡
* Paul Hart en al die personeel van Lion Park. Baie dankie vir die wonderlike werk wat julle vir leeus doen. Die Here seën julle.
¡
* Dodo die leeu - baie dankie aan Paul en vir ’n plek soos die Leeupark. Dis verskriklik wat mense aan diere doen.
¡
* Hoekom staan polisievangwaens gereeld en vir lang tye onder die bome by Newton? Is daar dalk ’n satellietstasie waarvan net hulle weet? John
¡
* Hoërskole se ontgroening-mannewales: aan al die sogenaamde “meladies” - moenie persoonlik raak nie. Moenie dat pret met sotte ontaard in ’n nagmerrie vir ons kinders nie.
¡
* Duur tuinstoele met kussings en nog meer gesteel - polisie neem nie saak aan nie. Meer moet na vore kom en vertel van sake wat nie aangeneem is nie.
¡
* Paarl-Oos polisiestasie is mooi, maar van die beamptes is slordig, lui en onvriendelik.
¡
* Dankie aan die inwoners van Klein Nederburg, Paarl, wat ons bygestaan het toe ’n brand by ons huis uitgebreek het op 8 Januarie. Familie, vriende, bure het almal saamgestaan om te help terwyl ons by die werk was.
¡
* Plaaswerker verdrink nie omdat hy wou swem nie, maar omdat hy pomp in dam moes skoonmaak. Hy kon nie goed swem nie.