DIE Wes-Kaapse Gimnastrade-span sal op 30 Januarie ’n vertoning aanbied by die Faurestraat-stadion in die Paarl.
Dié vertoning sal insluit ’n massa-deelname item met 300 deelnemers, ’n trompoppie-vertoning, ’n Suid-Afrikaanse touspring-span, gimnastiekvertonings, ’n karate-demonstrasie, die Field Band van Stellenbosch en ’n Hip-Hop dansvertoning.
Die vertonings begin om 19:30 en duur tot 21:00. Die toegangsgeld is R20 (R10 vir laerskoolleerlinge). Kontak Manfred Josephs by 021-438-2696.