Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Flink optrede deur polisie

Flink optrede deur polisie
 
2010-01-21


OUJAARSAAND was vir my ’n nagmerrie. ’n Inwoner van Septimusstraat, Paarl, wou glo sy seuntjie plesier deur ’n paar vuurwerke af te skiet ná etlike oordonderende klappers wat die buurt se honde op hol gehad het.

Die pragtige, kleurvolle vonke het reguit pad gekies na my rietdakhuis waar ek gelukkig die dakspuite kon oopdraai om ’n fiasko te voorkom.

Twaalf jaar gelede, ook in Desember, was die praghuis by La Modestraat 4 nie so gelukkig nie. Dit is in puin gelê, vermoedelik as gevolg van klappers. Hierdie keer het Paarl se parate polisie die vuurwerke gesien en onmiddellik kom ondersoek instel.

Later dieselfde nag is nog klappers ontlont voor die stadsaal daar naby, toe die Oujaarsdans daar opgehou het en ek weereens met angs en bewing dopgehou het of daar nie weer vuurpyle die lug sal deurklief nie. Gelukkig nie.

Baie dankie polisie dat julle jul Oujaarsaand-jolyt opgeoffer het vir ons beskerming.

Waarderende inwoner




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za