PJP hou piekniekdans
2010-01-21
PAULUS Joubert Primêre Skool se oudstudente hou ’n Valentyns-piekniekdans op Vrydag 12 Februarie om 19:30 by die skool. DJ Gaiwin en DJ Brent sal by die geleentheid optree en gaste vermaak met lekker musiek. Kaartjies is R40. Bring jou eie piekniekmandjie en drankies saam. Vir kaartjies ,kontak 021-862-3690 of Loretta Meyer by 083-975-9086.
More
News
|