Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Haglike matriekuitslae toon agteruitgang van skole

Haglike matriekuitslae toon agteruitgang van skole
 
2010-01-21


GRAAG wil ek vir Big Brother komplimenteer oor die feit dat hy sy misnoeë uitspreek ten opsigte van die haglike matriekuitslae van ons Kleurling-skole.

Laat ons dit vir eens by die naam noem dat onderwys aan die agteruitgang is in ons skole in Paarl-Oos. Die rede is voor die handliggend: dat sommige onderwysers absoluut niks voel vir ons kinders nie.

Ek het die afgelope jaar ’n kind in matriek gehad wat ondanks die feit dat hy in Paarl-Oos skoolgegaan het, matriek met lof geslaag het.

Ek wil graag ’n paar punte uitlig as rede vir die swak uitslae:

* Onderwysers wat meer ingesteld is op sport en gedurende periodes op oefenvelde deurbring en klasse onbeman laat.

* Sommige het die kuns vervolmaak om net notas uit te deel en dan hul tyd in personeelkamers deur te bring.

* Onderwysers wat gedurende hy/sy periodes liefs in die dorp rondry om persoonlike besigheid af te handel.

* Onderwysers wat nie opgewasse is vir die vak wat hy/sy aanbied nie (Wiskunde by uitstek) - die departement se skuld.

Die skool wat my kind bygewoon het, het ’n wiskunde-onderwyser gehad wat die leerders aangehits het om soms gedurende sy periodes liewers oor die heining te spring en huis toe te gaan as hy nie lus was vir les gee nie (aantyging kan gestaaf word).

Die genoemde onderwyser het dit ook duidelik gemaak dat hy nie betaal word om leerders na ure te help nie. Ek hoef dit seker nie uit te spel dat sy eie kinders anderkant die rivier skool gaan nie.

Dankie vir die handjievol opvoeders wat wel hul beste gee - maar hul harde werk word ongedaan gemaak deur die vrot appels in die onderwys.

Ek dink dit het tyd geword dat opvoeders hanteer word soos werkers in die private sektor (“bad results, no job”) - kyk hoe vinnig die prentjie dan sal verander. Gaan daar tugstappe kom teen hoofde van swak skole?

Dit het tyd geword dat ons die leerders aan die anderkant van die rivier komplimenteer vir hul pragtige uitslae, want dit sluit ’n groot gedeelte van ons gemeenskap in.

Vra maar net




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za