KOM spandeer Valentynsaand onder die sterre saam met bekende kunstenaars soos Theuns Jordaan, Elizma Theron, Kevin Leo en Charlize van der Berg.
Die Oppieberg Valentynskonsert vind plaas op Saterdag 13 Februarie by die Paarl Amfiteater, waar die asemrowende uitsig en natuurskoon die perfekte atmosfeer skep vir 地 onvergeetlike konsert.
Theuns Jordaan (bekend vir liedjies soos Sonvanger, Soos bloed, en Kouevuur, wat pas platinumstatus bereik het) en Elizma Theron (bekend vir liedjies soos Lapaside, Ek soek jou en Gee my meer) sal die gehoor vermaak met van hul gewildste treffers en topverkopers.
Kevin Leo en Charlize van der Berg sal 地 keurspel van klassieke romantiese duette sing.
Verskeie wynplase sal sorg vir 地 wye keuse van wyne teen uiterse billike pryse en 地 groot verskeidenheid kosstalletjies sal sorg dat konsertgangers 地 onvergeetlike aand sal beleef.
Die hekke maak reeds om 17:00 oop om besoekers die geleentheid te bied om verversings met sonsondergang te geniet.
Aangesien daar 地 wye verskeidenheid verversings beskikbaar sal wees, mag geen piekniekmandjies of ander verversings van buite ingebring word nie.
Kaartjies vir die konsert wissel tussen R100 en R150 per persoon.
Vir besprekings, kontak gerus 021-872-9754 of besoek www.cultivaria. com.