Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bakkie byna dwarsdeur huis

Bakkie byna dwarsdeur huis
 
2010-01-21

Lise Beyers

’n GESIN het Saterdagoggend benoude oomblikke beleef, toe ’n bakkie met sy neus in hul kombuis beland het.

Miriam Fatyela was omstreeks 07:00 besig om haar baba van twee weke te voed, toe ’n geweldige slag die huis getref het.

“Ek het eers gedink dat ’n geweer afgevuur is, maar toe was daar chaos in my kombuis. Borde en glase het geval en my huis is met ’n stofwolk gevul.”

Volgens ooggetuies was twee voertuie in ’n kop-aan-kop botsing betrokke voor die ou melkery op die Bo-Dalpad in Greenfields.

Een van die motors het hierna teen ’n lamppaal vasgery, terwyl die ander een in Fatyela se huis beland het.

Byna die hele een buitemuur van die huis is te pletter gery, en die slag het baie ander groot krake in en om die huis veroorsaak.

Alhoewel die huis deur die munisipaliteit opgerig is, is dit oorgedra in Fatyela se naam, en sy is nou verantwoordelik vir die herstel hiervan.

Familielede het gehelp om Saterdagoggend sinkplate te bekom en die gapende wonde van die huis toe te maak, totdat ’n meer permanente oplossing gevind word om die skade te herstel.

Fatyela het gesê dat die Somaliese bestuurder van die bakkie beloof het om hierdie week besoek af te lê by haar huis om te help om die skade te herstel.

Niemand is beseer in die voorval nie.

* A family woke up with a bang on Saturday morning, when a bakkie hit their home.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za