Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


'Kolstert' toe reuse kabeljou

'Kolstert' toe reuse kabeljou
 
2010-01-21

Lise Beyers

WAT ’n rustige nag van ‘kolsterte’ vang sou wees, het ontaard in ’n eens-in-’n-leeftyd ondervinding vir ’n man van Paarl-Oos.

Sharief Solomons, beter bekend as Poeier, vertel dat hy verlede Vrydagnag nie eens lus was om te gaan visvang nie. Die familie het by Danabaai naby Mosselbaai vakansie gehou.

Sharief se seun, Abdhul, was egter knaend dat hy saam met hom moet gaan visvang.

So is die twee na een van hul gunsteling visvangplekke en was van plan om sommer net ’n paar kolsterte vir die vrieskas te vang.

“Ek het my lyn agter die branders ingegooi en sommer dadelik ’n klein byt gehad. Ek dog dis ’n kolstert en toe hy weer byt en ek pluk my stok, het die lyn sommer begin sing soos wat die vis begin loop het.”

En so het Sharief vir byna ’n uur gespook om die vis aan wal te kry.

“Maar net toe ek hom wou uitsleep het die lyn gebreek.

“Ek en Abdhul het ons stokke net so neergegooi en is die vlak water in om die vis te gaan haal.

“Ek het egter gedink dat dit ’n haai kon wees en was maar versigtig. Maar toe ons nader kom, toe sien ons hoe die uitgeputte reuse kabeljou in die water dryf.”

Sharief kon sy oë nie glo nie. Die vis het 32kg op die weegskaal geweeg, en was byna net so lank soos Sharief.

“Ek het nooit gedroom dat ek so ’n knewel sou uittrek nie.”


More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za