Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Skok ná hond se skietdood

Skok ná hond se skietdood
 
2010-01-21

Lise Beyers

NADAT ’n familie se hondjie onlangs doodgeskiet is, het hulle hul huis nou in die mark gesit, uit vrees vir ’n herhaling hiervan.

Die Adendorffs van Pleinstraat, Paarl, is stomgeslaan oor die onredelike moord op hul hondjie op die nag van 8 Januarie.

En boonop, vertel Yolandi Adendorff, het die voorval op haar verjaarsdag plaasgevind.

“Ons was dié aand uit gewees vir my verjaarsdag, en toe ons tuis kom het Vlooi, ons piepklein miniatuur Dobermann-Pincher, nie oudergewoonte by die hek gestaan om vir ons te groet nie. Ons Chow, Pikkie, was wel daar, maar hy het baie senuweeagtig gelyk.

“Ek het dadelik geweet dat daar fout is. Ons het oral om die huis gesoek vir Vlooi, en uiteindelik het ons op haar lykie afgekom naby die agterdeur.”

Adendorff het ’n klein koeëlgat op Vlooi se blad opgemerk: “Ons het die polisie laat kom, maar hulle het gesê dat hulle nie ’n saak kan open nie. Hulle is toe vinnig daar weg.”

Maar Adendorff hou vol dat hulle wel die koeël kon verwyder het en ballistiese toetse daarop kon doen. Haar versoek het egter op dowe ore geval.

Adendorff het twee jaar gelede vir Vlooi aangeneem, nadat sy haar hoor tjank het vanuit ’n vullislorrie. Sy is saam huis toe en spoedig was sy deel van die familie.

“Ons het nog nooit klagtes oor Vlooi se gedrag gekry nie, en sy was in elk geval geen probleem nie.”

Drie maande gelede het die Adendorffs egter ook ’n vreemde voorval beleef, toe hulle buitemuur met verfballetjies geskiet is.

“Ons het net gedink dat dit stoute kinders is.”

Maar die Adendorffs is nie bereid om enige verdere kanse te waag nie, dus is hulle huis nou te koop en hulle wil uit die gebied trek.

“Ons ander hond bly nou tot tyd en wyl by my skoonma om ’n herhaling van hierdie verskriklike voorval te voorkom.”




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za