Standards vereer uitblinkers
2010-01-21
YOUNG STANDARDS RFC het onlangs hul uitblinkers van die jaar vereer tydens hul jaarlikse beker-uitdeling. Uitblinkers was Monique Wessels (3de span agterspeler van die jaar), Mark Cupido (verdienstelike speler), Leeroy Bitterhout (junior senior speler), Emelio Beukes (1ste span agterspeler), Gaveron Sherman (mees-gevorderde speler), Rudi Blaauw (voorsitter toekenning), Brendon van Schoor (1ste span voorspeler), Ashley Daniels (2de span voorspeler), Denvil Arries (sportman van die jaar), Ryno Hendriks (2de span agterspeler), Charlin Paulse (mees-belowende speler), Conville Cleophas (speler van die jaar), Clemen van Zitters (3de span voorspeler) en Bevan Francis (voorste puntemaker).
More
News
|