Rugby-flitse
2010-01-21
ALBIONS RUGBYKLUB
Albions Rugbyklub, wat vanjaar sal speel in die Paarl Streek-kompetisie, se juniors (o.12’s, o.14’s en o.16’s) oefen om 17:00 op die Daljosafat-sportgronde.
ALLANDALE RUGBYKLUB
Allandale Rugbyklub hou op Donderdag 21 Januarie ’n spesiale jaarvergadering om 19:00. Die klub se oefentye is Dinsdae en Donderdae om 18:00.
LAER PAARL (BLUES)
Laer Paarl Rugbyklub (Blues) begin amptelik met hul oefeninge vir die nuwe seisoen op 26 Januarie. Oefeninge sal elke Dinsdag en Donderdag vanaf 18:30 plaasvind.
PAARL RUGBYKLUB
Paarl Rugbyklub oefen Dinsdae en Donderdae by die Boy Louw Sportterrein vanaf 18:30.
WELLINGTON-CPUT RUGBYKLUB
Wellington-CPUT Rugbyklub begin Maandag 25 Januarie om 18:30 met hul voorseisoense oefeninge te Boland-stadion se B-veld, vir vanjaar se aanslag op die Premierliga van die Boland Rugby-unie. Vriendskaplike wedstryde wat in die pyplyn is, is tydens Van der Stel se rugbydag, George Rugbyklub, Helderberg en NNK. ’n Plaaslike ‘derby’ word ook gereel teen Young Peoples. Kontak die afrigter, Athol Ontong, by 083-358-1784.
WINDMEUL UNITED
Windmeul United het reeds begin oefen te Windmeul Laerskool om 19:00. Alle ou en nuwe lede is welkom. Die klub is op soek na ’n betroubare afrigter vir die 2010 rugby-seisoen. Aansoeke kan per e-pos gestuur word na owen@profile-engineering.co.za of skakel vir Abel Mentoor by 083-352-2703.
YOUNG GARDENS
Young Gardens se voorseisoense rugby-oefeninge is Dinsdae en Donderdae om 18:00 op die Daljosafat-stadion. Alle spelers, belangstellendes en nuwe spelers word hartlik uitgenooi om oefeninge by te woon. Klubs wat belang stel in vriendskaplike wedstryde kan vir Davey (078-395-8736), Godfrey (084-618-9072), Ivor (082-432-2966) of Jeff (076-970-0819) kontak.
YOUNG WARRIORS
Young Warriors Rugbyklub se voorseisoen-oefeninge vind elke Dinsdag en Donderdag plaas vanaf 19:00. Die klub se jaarvergadering vind 26 Januarie plaas. Kontak C Fortuin by 073-233-1878.
More
News
|