Hengelklub gooi lyne
2010-01-21
DIE Paarl Varswater-hengelklub skop dié naweek die nuwe jaar af met die eerste kompetisie op 23 Januarie te Kwaggaskloofdam by Brandvlei Gevangenis. Verlede jaar se kampioen, Sydney Diedericks, het eers met die laaste kompetisie van die jaar sy kop voorgekry, met Paul Greyling jnr in die tweede plek. Phillip Theron (3de) en Johan Otto (4de) het egter in sy nek geblaas. Vanjaar sal daar tien kompetisies gehou word met Daytona-dam (Ceres) en Zeekoeivlei wat ook besoek sal word. Klublede moet daarop let dat die familienaweek op Elandsbaai alreeds in Maart plaasvind oor die langnaweek van 20 Maart.
More
News
|