EK moes die Paarlse kantoor van die Departement Binnelandse Sake onlangs besoek om verskeie sake af te handel. Dit is ’n uitstappie waarna ’n mens gewoonlik nie baie uitsien nie, maar ek was aangenaam verras!
Al die personeel was vriendelik en behulpsaam. Hulle voer hulle take effektief uit en die meeste van hulle praat boonop al drie amptelike tale van die Wes-Kaap, wat beteken dat almal in die taal van hulle keuse gehelp kan word.
Binnelandse Sake se personeel stel vir ons almal in die Paarl ’n prysenswaardige voorbeeld. As almal wat met die publiek werk hulle voorbeeld sou volg, sou die Paarl binnekort as die vriendelikste dorp in die Wes-Kaap bekend kan staan; eerder as die onvriendelikste!
Isabeau Botha