EK as voorsitter van die “Winelands Masters Swimming Club (WMSC)” hier in die Paarl was onlangs baie beďndruk met die moeite wat munisipale personeel gedoen het met ons gala by die Drakenstein-swembad in Paarl-Oos op 23 Januarie.
Behalwe vir die mooi uitsig en die uitkoms wat die Paarl-byeenkomste vir ons klomp Kapenaars bied, is dit ’n lekker bad om in te swem.
Die plek was mooi skoon en goed voorberei (soos altyd), met al die nodige bykomstighede reg geplaas en in werkende toestand.
Wat veral getref het, was die administratiewe tafel se blomryke voorbereiding, wat voorwaar ongevraagd was. Die kreatiwiteit wat aan die dag gelę is, word waardeer en het menige positiewe opmerkings uitgelok.
Graag gebruik ek die geleentheid om vir Lucille Cecils en die personeel wat daar diens gedoen het van harte geluk te wens met die goeie werk. Dit word op prys gestel en strek die Raad en dorp tot eer.