Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Begraafplaas lyk heelwat beter, maar....

Begraafplaas lyk heelwat beter, maar....
 
2010-01-28


EK wil die Drakenstein Munisipaliteit geluk wens met die nuwe voorkoms van die Champagne Begraafplaas op Wellington. Ná jare se versoeke is iets gedoen daaraan om dit baie netjies te maak.

Maar, goed en wel. Wat help dit nou die een groot hek in Champagnestraat is gesluit en daar is ’n enorme gat daarin?

Dit help nog nie met die vandalismeprobleem of oortreders nie. Kwaaddoeners beweeg nog steeds deur daardie gat en maak wat hulle wil.

Die ongemagtigde oortreders speel saans sokker binne die begraafplaas. Die draad is mooi opgerol en afgebind. Ons almal wat ons geliefdes daar begrawe het wil nie dié soort ding daar hê nie. Dis ongepas en nie menslik nie.

Kom aan Drakenstein Munisipaliteit, bind daardie hekke af sodat toegang beperk kan word. Begraafplase is slegs bedoel vir diegene wie se geliefdes daar begrawe is.

Maak die mense bewus daarvan. Sit waarskuwingsborde op by toegangshekke sodat ons wie se geliefdes daar begrawe is, die reg het om die gereg in te roep om hul te verwyder. Die oortreders sal moet vervolg word een of ander tyd.

Ons as familie betaal vir daardie grafte, dus verwag ons dit moet netjies en veilig gehou word.

Ek dink die gesinslede van oorledenes moet elkeen ’n eis teen die munisipaliteit instel sodra vandalisme ondervind word by hul familielede se grafte.

Ons almal wil by ’n begraafplaas instap sonder die geraas van oortreders of die onrus van gevaar.

William

May Carolissen, munisipale woordvoerder reageer: Daar is al verlede week opdrag gegee om die draad te herstel. Die draad was omtrent so ’n jaar terug ook reggemaak.

Daar gaan nou ook borde aangebring word wat mense verbied om die begraafplaas te betree ná 18:0




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za