Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Polisie doen nie hul werk

Polisie doen nie hul werk
 
2010-01-28


EK wil graag my uiterste ontevredenheid uitspreek oor polisielede wat gedurende hulle dienstyd op onwettige plekke geparkeer staan.

Verlede week Donderdag het drie vangwaens onder die bome in Newtown langs die rugbyvelde geparkeer gestaan. Dít terwyl die Polisie-“Diens” die diens moes lewer wat ons gemeenskap toekom.

By ander geleenthede staan ’n vangwa met registrasienommer BPX 298B ure lank by die Tote waar daar op perde gewed word by Shah’s Corner.

Die bestuurder is ’n inspekteur wat nogal sy naamplaatjie verwyder as hy ure in die Tote spandeer terwyl die konstabel in die vangwa sit - seker om op oproepe te reageer.

Dit is kommerwekkend aangesien daar reeds in die streek bewerings is van manipulering van statistiek.

Wil of kan hulle doodeenvoudig nie hulle werk doen nie? Het jy ’n vangwa nodig, moet jy altyd hoor daar is nie een beskikbaar nie!

John




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za