Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Nuwe orkes tree op

Nuwe orkes tree op
 
2005-09-08


’n NUWE plaaslike band, Ritme Revolusie, stel hul eerste CD, Ritme en Rede, op Saterdag 17 September in die Paarl bekend.

Peter Vanne, Nico Erwee en Bertie van Antwerpen is ou hande as dit by musiekmaak kom, maar so ses maande gelede het hulle besluit om hul note bymekaar te gooi en ’n band te stig.

Hulle speel Afrikaanse rock met ’n sterk dansritme.
“Ons musiek is vir oud en jonk, ons speel van sakkie-sakkie tot doef-doef,” sê Peter.

Die musiek op die CD is deur hulself geskryf, maar hulle speel ook ander gewilde nommers.

Die groep is reeds bespreek vir KKNK 2006 en wil hulle toespits op feeste.

Die bekendstelling van die CD is by Hoërskool Labori en begin om 19:30 vir 20:00.

Kaartjies is R40 elk by Peter (084-793-36 55), Nico (872-5487 of 072-260-9193) of Bertie (082-333-7357).



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za