Misdadigers vasgevat
2010-01-28
’n POLISIEVELDTOG om misdaad te bekamp het onlangs gelei tot goeie arrestasies en beslagleggings dwarsoor die Drakenstein-gebied. ’n Totaal van 406 plaaslike polisiebeamptes is ontplooi om deel uit te maak van dié operasies. Die doelwit van die operasie was om veral dwelmhandel te bekamp, verdagtes aan te keer en onwettige sjebeens vas te vat. Tydens die operasie is daar beslag gelê op verskeie onwettige items, verkeersboetes is uitgeskryf en arrestasies is gemaak. Altesame 2743 mense en 1776 voertuie is deursoek en 43 mense is vir verskeie oortredings in hegtenis geneem. ’n Groot hoeveelheid dagga, asook drie daggaplante is gekonfiskeer en daar is beslag gelê op 13 gram Tik. ’n Totaal van 71 sjebeens is deursoek, wat gelei het tot beslaglegging op 2262 liter drank. Altesame 135 verkeersboetes ter waarde van R77 050 is uitgeskryf aan motoriste vir verskeie pad- en voertuigoortredings. ’n Woordvoerder van die polisie, kapt Thembela Mqudlwa, het die publiek bedank vir hul samewerking tydens die operasies. “Misdadigers kan verwag dat ons in die nabye toekoms nog soortgelyke operasies gaan uitvoer, totdat ons tevrede is met die misdaadsituasie.” * Crime combatting initiatives have led to various arrests and seizures in the Drakenstein area.
More
News
|