Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Boer beseer in aanval op plaas

Boer beseer in aanval op plaas
 
2010-01-28

Lise Beyers

’n VOORAANSTAANDE boer van Wellington, asook twee ander mans, is Sondagmiddag deur plaaswerkers aangeval.

Eugen Ramsauer van die plaas Driefontein op die Malan-stasiepad, het omstreeks 17:15 opgelet dat twee onbekende mans naby ’n woonstel op die plaas ronddwaal. Een van hulle het ’n groot slagmes in sy hand gedra.

Toe Ramsauer vir hulle nader om te vra wat hulle op sy private eiendom maak, het een van die mans summier vir hom met ’n stok begin slaan, terwyl die ander met die mes begin steek het.

Ramsauer is teen die kop, oog en been getref, en sy hande is ook beseer toe hy die sarsies houe probeer keer het.

’n Vriend van sy dogter, Marno Gerber, het hom te hulp gesnel en is tydens ’n skermutseling met een van die mans in die bo-arm met die mes gesteek.

Hierna het die mans die hasepad gekies deur die wingerd.

Maar Gerber, Ramsauer asook sy broer Johan Ramsauer was kort op hulle hakke en het hulle met ’n bakkie gejaag en aangekeer.

Terwyl hulle die twee verdagtes in die bakkie probeer laai het, het nog ’n man en vrou wat in die wingerd weggekruip het, hulle met klippe begin bestook.

Die polisie was egter vinnig op die toneel, en dié twee persone is ook in hegtenis geneem.

Tydens ’n struweling agter op die bakkie tussen Johan en een verdagte, het Johan van die bakkie afgeval en die ligamente in sy skouer is so erg beseer, dat hy Maandagoggend ’n operasie moes ondergaan.

Gerber het sewe steke in sy beseerde arm gekry.

Ramsauer, wat al 12 jaar op die plaas woon, het gesê dat alles in die tydperk heel rustig was hiér.

“Maar tussen Desember en Januarie is daar drie keer ingebreek by ’n woonstel op ons plaas.

“Ek vermoed dat daar ’n goeie kans is dat my aanvallers hierby betrokke was.

“Die verdagtes wat ons aangekeer het, werk op Marico-plaas langsaan. Die werkershuise kyk uit op my werf en hulle kan al ons bewegings dophou.”

Michael Titus, Abraham Geduld, Jerome Lewis en Jacqueline Dampies is in hegtenis geneem in verband met die aanval, en ’n klag van ernstige aanranding word teen hulle ondersoek.

* A farmer was attacked on his farm near Wellington over the weekend.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za