Paulus oefen vir Kerskonsert
2005-09-08
DIE 40ste bestaansjaarvieringe van Paulus Joubert Sekondêr word op 1 Desember afgesluit met ’n Kersliedere by Kerslig uitvoering.
Vir hierdie geleentheid word almal wat verbonde is aan die skool - leerders, ouers, oudleerders, opvoeders en oud-opvoeders -genooi om by die koor aan te sluit wat sal optree.
Kooroefeninge is elke Maandag om 19:30 by die skool. Navrae by Fiona Kearns, 073-186-0990 of 862-3480.
More
News
|